AFRIKAANSE SPROKIES

Title:DIE HEKS VAN HEXRIVIER
This text will be replaced
Subject:FICTION Scarica il testo

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies
uitgesoek en oorvertel deur
PIETER W. GROBBELAAR

DIE HEKS VAN HEXRIVIER
Hierdie mooi, eg Afrikaanse sprokie is 'n goeie voorbeeld van 'n verhaal wat waarskynlik rondom die naam van 'n bepaalde plek ontstaan het.
Elise was 'n mooi meisie. In die hele vallei het geeneen soos sy gewoon nie. Maar ongelukkig het sy aan hoogmoed gely. As die jong mans by haar kom kuier, het sy net haar neus opgetrek en gesê: "Eendag sal die mooiste en beste en fluksste jong man my kry."
Op 'n dag kom Flip met sy sweetvos by die plaas aangery. Dit is goed om hom te hoor lag. Hy is mooi om na te kyk. Vir werk is hy nie bang nie. Toe weet Elise: dis die jong man vir wie sy gewag het. Maar sy is nog hoogmoedig. “Gaan pluk vir my die bloedrooi disa wat op die hoogste krans groei," sê sy. "Dan sal ek weet dat jy my liefde werd is."
"Ek gaan," sê Filip.
Flip klim en klim, en soos hy klim, sing hy.
Flip klim en klim met 'n lag.
Flip klim tot hy tussen die kranse kom. Daar ver op 'n rotspunt wat oor die diepste afgrond hang, blom die rooi disa.
"Nou gaan ek jou pluk," sê Flip. "My bruid wag vir my."
Maar toe hy vooroor buk, krummel die klippe onder sy voet. Hy gryp, maar dis net die disa wat hy beetkry. Hy stort met die blom in sy hand na benede.
Toe Elise van Flip se dood hoor, breek haar hart. "Filip! Filip!" snik sy, maar dit is te laat. Filip! Filip!" huil sy, maar dit help nie meer nie. "Filip! Filip!" roep sy, en sy klim die berg in na die plek toe waar die bloedrooi disa gestaan het.
Toe sy die geknakte blomsteel sien en die spore van Filip se val, kan sy nie meer nie. Filip! Filip!" sug sy en sak inmekaar. En die afgrond gryp haar soos hy Flip gegryp het, en sy val haar te pletter.
En nou nog, vertel die mense, kan jy haar daar sien dwaal. Dis net 'n skim wat van haar oor is. Haar geroep is 'n suggie wind. Maar sy kan nie rus vind nie. Elke maanlignag kom sy weer om na haar Filip te soek, al sal sy hom nooit kry nie.
"Dis haar verdiende loon, sê die mense. "Haar hoogmoed het 'n jong man se lewe gekos. Sy is 'n heks!"
So het die mooiste jong meisie van die vallei die Heks van Hexrivier geword.

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies
uitgesoek en oorvertel deur
PIETER W. GROBBELAAR

DIE HEKS VAN HEXRIVIER
Hierdie mooi, eg Afrikaanse sprokie is 'n goeie voorbeeld van 'n verhaal wat waarskynlik rondom die naam van 'n bepaalde plek ontstaan het.
Elise was 'n mooi meisie. In die hele vallei het geeneen soos sy gewoon nie. Maar ongelukkig het sy aan hoogmoed gely. As die jong mans by haar kom kuier, het sy net haar neus opgetrek en gesê: "Eendag sal die mooiste en beste en fluksste jong man my kry."
Op 'n dag kom Filip met sy sweetvos by die plaas aangery. Dit is goed om hom te hoor lag. Hy is mooi om na te kyk. Vir werk is hy nie bang nie. Toe weet Elise: dis die jong man vir wie sy gewag het. Maar sy is nog hoogmoedig. “Gaan pluk vir my die bloedrooi disa wat op die hoogste krans groei," sê sy. "Dan sal ek weet dat jy my liefde werd is."
"Ek gaan," sê Filip.
Filip klim en klim, en soos hy klim, sing hy.
Filip klim en klim met 'n lag.
Filip klim tot hy tussen die kranse kom. Daar ver op 'n rotspunt wat oor die diepste afgrond hang, blom die rooi disa.
"Nou gaan ek jou pluk," sê Filip. "My bruid wag vir my."
Maar toe hy vooroor buk, krummel die klippe onder sy voet. Hy gryp, maar dis net die disa wat hy beetkry. Hy stort met die blom in sy hand na benede.
Toe Elise van Filip se dood hoor, breek haar hart. "Filip! Filip!" snik sy, maar dit is te laat. Filip! Filip!" huil sy, maar dit help nie meer nie. "Filip! Filip!" roep sy, en sy klim die berg in na die plek toe waar die bloedrooi disa gestaan het.
Toe sy die geknakte blomsteel sien en die spore van Filip se val, kan sy nie meer nie. Filip! Filip!" sug sy en sak inmekaar. En die afgrond gryp haar soos hy Filip gegryp het, en sy val haar te pletter.

...