AFRIKAANSE SPROKIES

Title:ANTJIE SOMERS
This text will be replaced
Subject:FICTION Scarica il testo

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies
uitgesoek en oorvertel deur
PIETER W. GROBBELAAR

ANTJIE SOMERS
As paaiboelie het Antjie Somers geen gelyke in Afrikaans nie. “Oppas vir Antjie Somers. Hy sal jou in sy groot sak stop!" is 'n dreigement wat baie geslagte kinders soet gehou het. "Hy", ja, want Antjie Somers was natuurlik eintlik 'n man. Hier volg een van die talle maniere waarop die verhaal vertel word.
Andries Somers was 'n voorman onder die Strand se vissers. Wie kon soos hy 'n treknet vasvat? Wie 'n spaan met hom laat sak? Nee, niemand nie. En dapper! Waar iemand in gevaar gekom het, was Andries Somers eerste by. Nes ’n see-eend kon hy swem, en talle drenkelinge het hy land toe gebring as die ander al lankal moedverlore was.
Maar afguns is daar altyd, en skoorsoek is g'n kuns nie. Eendag op die strand pak 'n klomp vissers hom. Andries laat nie met hom speel nie. Hulle kantel voor sy vuiste. Maar een bly te stil lê waar sy kop 'n klip gevang het. Andries moet vlug, anders hang die mense hom dalk op. Hy kry 'n sisrok van sy suster. Hy bind 'n kopdoek om. Hy haak 'n mandjie oor sy arm. Toe kies hy koers, diep na die binneland.
Op 'n plaas agter die berge gaan verhuur hy hom. En hy werk weer soos net hy kan. Van die voordag staan hy bak tot dit laat word in die aand. Wingerd spit of pars of mis ry maak nie saak wat hulle doen nie. Andries Somers word die voorman op die plaas.
Maar die afguns het ore en 'n storie baie tonge, en voor lank skinder die mense kliphard onder mekaar.
"Vertel ons,Andries, van die sisrok wat jy in jou huis wegbêre," por die ene.
"En die kopdoek, Andries Somers ? Of is jou naam dalk eintlik Antjie?" pla 'n ander.
"Antjie Somers! Antjie Somers!" koggel hulle.
Andries Somers laat sy kop sak, en hy maak of hy nie hoor nie, want naderhand kom daar weer nuwe rusie. Maar die derde dag toe kan hy hul geterg nie meer verduur nie. Daardie aand pak hy sy bondel, en hy maak dat hy daar wegkom.
Nooit weer keer Andries terug nie. Nêrens slaan sy spoor weer uit nie. Hy het soos 'n gees verdwyn.
Maar al meer vertel die kinders wat saans teen die berg gaan hout soek van 'n ou vrou wat hulle verjaag.
"Sy het 'n rooi kopdoek," sê een kind.
"Sy het 'n sisrok met groot strepe."
"Sy het 'n lang mes."
“En 'n mandjie."
"En 'n streepsak oor haar skouer."
"Sy wil ons vang en in haar sak prop!" kerm hulle.
En die grootmense skud kop. “Dit is daardie Antjie Somers," sê hulle onder mekaar.
Andries Somers raak vergete: dapper Andries, flukse Andries, Andries wat altyd kon voorvat. Maar een storie word al luider en geslagte lank herhaal: "Antjie Somers! Antjie Somers, Antjie Somers gaan jou vang!"

Maar die afguns het ore en 'n storie baie tonge, en voor lank skinder die mense kliphar onder mekaar.

...

  • Libri.it

  • Libri.it