AFRIKAANSE SPROKIES

Title:VAT HOM, JAKKALS!
This text will be replaced
Subject:FICTION Scarica il testo


Die Mooiste Afrikaanse Sprokies
uitgesoek en oorvertel deur
PIETER W. GROBBELAAR

VAT HOM, JAKKALS!
Deur hul aanraking met mekaar, het die sprokies van die verskillende rasse so vermeng dat 'n mens soms nie weet waar die Boesman storie ophou en die Hottentot invloed begin nie om van die invloed van wit en swart mense nie eens te praat nie. Maar die belangrikste bly die verhaal self.
i. Ryperd
Jakkals is kwaad vir Hasie, want hy het stories by vrou Jakkals gaan aandra, en nou het sy haar man die huis belet. Maar Hasie het baie planne. Op 'n dag hoor hy Jakkals suutjies in die paadjie draf. Toe gaan lê hy in die bossies en kreun.
“Ha! nou het ek jou, Haas," sê Jakkals, en hy wil net spring, maar Hasie antwoord met 'n swak stem: "Vat my maar, Jakkals. Ek is te siek om te vlug. Tel my op jou rug, dan dra jy my huis toe."
En Jakkals dink dis glad nie so 'n slegte plan nie. Nou sal sy vrou sommer weer vir hom goed word as hy met 'n lekker stuk haasvleis daar aankom. Jakkals laat loop in die paadjie af, en Hasie moet net klou.
Jakkals, Jakkals!" roep hy later, "Die vlieë pla baie. Pluk tog vir my 'n taaibostakkie dat ek hulle kan wegjaag."
"Ai, jy is lastig,” sê Jakkals, en hy gaan pluk maar.
Toe hulle nog van ver af na Jakkals se huis toe aankom, staan sy vrou al op die stoep om te kyk wat haar man hier kom soek. "Vrou, vrou!" roep Jakkals. "Ek het vir jou 'n lekker vet haas gebring."
Maar kyk, nou sit Hasie regop, en die pyne is skielik uit sy lyf, en die taaibostak is 'n lat. "Vrou, vrou!" koggel hy Jakkals. "Ek het vir jou 'n lekker vet jakkals gebring!" En die lat gesels oor Jakkals se blaaie, en Jakkals bokspring en galop. Toe wip Hasie van sy rug af en verdwyn lag lag in die bossies.
"Nee, so 'n treurige man wil ek nie hê nie," sê vrou Jakkals. "Waar het jy al van 'n jakkals gehoor wat hom deur 'n haas laat ry? Maak dat jy wegkom hier voor my oë!"

ii. Die Byekerk
Hasie hardloop na die berg se kant toe, en daar sien hy ’n bynes diep in 'n klipskeur. "Ai!" sê Hasie:
"Lekker is lekker,
en goed is goed –
en die beste lekker
is heuningsoet!"
En Hasie druk sy kop diep in die skeur om die nes by te kom, maar hy het nie geweet dat Jakkals al weer spoorsny nie. Hy sit nog so, toe Jakkals hom aan die hakskeen gryp. "Ha! nou het ek jou, Haas," sê Jakkals, en hy wil hom sommer sy tande laat proe.
Maar Hasie het klaar geskrik en ver gedink. "Sjuut, Jakkals," sê hy. "Kan jy nie hoor my vriende hou kerk nie?"
"Waar?" vra Jakkals nuuskierig.
"Hier in die klipskeur," sê Hasie. "Ai, hulle sing tog te pragtig!"
"Laat ek hoor, sê Jakkals, en hy druk sommer in. Dan trek hy sy kop weer uit en sê: "Nee wat, hulle kan nie sing nie. Dis net brom brom brom, al op dieselfde wysie."
"Hulle is seker moeg," sê Hasie. “Steek 'n bietjie 'n stok daar by die voordeur in dat hulle weet ons is hier. Dan moet jy hoor."
En Jakkals gryp 'n stok, en hy werskaf in die klipskeur rond, en toe druk hy sy kop in om goed te luister.
Nee kyk, dit was 'n sonde. Die bye mors met Jakkals; hulle verniel hom; hulle steek hom byna dood. Hy spring om en hardloop, maar die bye het nie tyd nie. Dis net zoem tjiek! "Eina!" Zoem tjiek! Zoem tjiek! Zoem tjiek! "Eina! Eina! Eina!"
Hasie lê soos hy lag. Hy rol soos hy lag. Hy maak hom eintlik seer. Nee, Jakkals sal hom nie gou weer pla nie.

iii. Vat Hom, Jakkals!
Maar Hasie is glad te gerus. Sing sing in die paadjie. Wirts warts om die bossies. Kyk nie waar hy loop nie; trap nie waar hy kyk nie. Woep! daar sit hy. Jakkals het voëlent aan 'n stomp gesmeer en dit in die paadjie neergesit. Hasie spook, maar hy sit al hoe vaster. Hy ruk en pluk en skree.
Jakkals kom tussen die bossies uit. “Ha! nou het ek jou, Haas!" sê hy. Sy lippe is nog altyd skeef geswel van die bysteke sodat dit lyk asof hy nie kan ophou lag nie.
Hasie word stil. Ja, jy het my, Jakkals," sê hy. “Nou kan jy my maar opeet. Dis net jammer om so dorstig te sterwe. Ek was juis op pad rivier toe."
“Nee, ons kan 'n bietjie gaan drink," sê Jakkals, wat hom heeltemal droëtong gehardloop het om die strik vir Hasie reg te kry. Hy pluk Hasie los van die voëllym af, gooi hom oor sy skouer en stap af na die drinkplek toe.
Ai, hoe stil en blink is die water nie. Jakkals laat sy kop sak om te drink. Maar kyk die ongeskik! Hierdie ander jakkals druk sommer sy snoet tussenin. "Gee pad!" brom Jakkals.
“Wat is dit nou, Jakkals?" vra Hasie agter sy skouer.
“Kyk self," sê Jakkals, en hy sit hom neer. En: "Staan soontoe!" sê hy vir die ander jakkals wat hom al weer beskou.
Hasie sien dadelik dat Jakkals met sy eie weerkaatsing baklei, maar hy sê niks nie.
"Loop weg hier!" sê Jakkals vir die derde maal, en hy wys tande, maar die waterjakkals wys terug.
"Moenie so met jou laat speel nie!" roep Hasie. "Kyk hoe staan daardie ander dier se mond soos hy jou uitlag. Vat hom, Jakkals!"
Toe Jakkals gryp, gryp die ander jakkals ook. Toe Jakkals duik, is hulle doems! al twee binne in die water. Toe Jakkals verdwyn, is alles weg.
"Ha ha ha!" lag Hasie:
“Kwaai is kwaai,
en kwaai se voet:
ou Jakkals soek
sy eie bloed!"
En toe Jakkals hangstert uit die water klim, sing Hasie al ver in die paadjie af.

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies
uitgesoek en oorvertel deur
PIETER W. GROBBELAAR

VAT HOM, JAKKALS!
Deur hul aanraking met mekaar, het die sprokies van die verskillende rasse so vermeng dat 'n mens soms nie weet waar die Boesman storie ophou en die Hottentot invloed begin nie om van die invloed van wit en swart mense nie eens te praat nie. Maar die belangrikste bly die verhaal self.
i. Ryperd
Jakkals is kwaad vir Hasie, want hy het stories by vrou Jakkals gaan aandra, en nou het sy haar man die huis belet. Maar Hasie het baie planne. Op 'n dag hoor hy Jakkals suutjies in die paadjie draf. Toe gaan lê hy in die bossies en kreun.
“Ha! nou het ek jou, Haas," sê Jakkals, en hy wil net spring, maar Hasie antwoord met 'n swak stem: "Vat my maar, Jakkals. Ek is te siek om te vlug. Tel my op jou rug, dan dra jy my huis toe."
En Jakkals dink dis glad nie so 'n slegte plan nie. Nou sal sy vrou sommer weer vir hom goed word as hy met 'n lekker stuk haasvleis daar aankom. Jakkals laat loop in die paadjie af, en Hasie moet net klou.
Jakkals, Jakkals!" roep hy later, "Die vlieë pla baie. Pluk tog vir my 'n taaibostakkie dat ek hulle kan wegjaag."
"Ai, jy is lastig,” sê Jakkals, en hy gaan pluk maar.
Toe hulle nog van ver af na Jakkals se huis toe aankom, staan sy vrou al op die stoep om te kyk wat haar man hier kom soek. "Vrou, vrou!" roep Jakkals. "Ek het vir jou 'n lekker vet haas gebring."
Maar kyk, nou sit Hasie regop, en die pyne is skielik uit sy lyf, en die taaibostak is 'n lat. "Vrou, vrou!" koggel hy Jakkals. "Ek het vir jou 'n lekker vet jakkals gebring!" En die lat gesels oor Jakkals se blaaie, en Jakkals bokspring en galop. Toe wip Hasie van sy rug af en verdwyn lag lag in die bossies.
"Nee, so 'n treurige man wil ek nie hê nie," sê vrou Jakkals. "Waar het jy al van 'n jakkals gehoor wat hom deur 'n haas laat ry? Maak dat jy wegkom hier voor my oë!"

ii. Die Byekerk
Hasie hardloop na die berg se kant toe, en daar sien hy ’n bynes diep in 'n klipskeur. "Ai!" sê Hasie:
"Lekker is lekker,
en goed is goed –
en die beste lekker
is heuningsoet!"
En Hasie druk sy kop diep in die skeur om die Die Mooiste Afrikaanse Sprokies
uitgesoek en oorvertel deur
PIETER W. GROBBELAAR

VAT HOM, JAKKALS!
Deur hul aanraking met mekaar, het die sprokies van die verskillende rasse so vermeng dat 'n mens soms nie weet waar die Boesman storie ophou en die Hottentot invloed begin nie om van die invloed van wit en swart mense nie eens te praat nie. Maar die belangrikste bly die verhaal self.
i. Ryperd
Jakkals is kwaad vir Hasie, want hy ...