AFRIKAANSE SPROKIES

Title:SJEG JOESSOEF
This text will be replaced
Subject:FICTION Scarica il testo


Die Mooiste Afrikaanse Sprokies
uitgesoek en oorvertel deur
PIETER W. GROBBELAAR

SJEG JOESSOEF
In die ou, ou dae toe Nederland 'n groot handelsland was en sy volgelaaide seilskepe om die Kaap die Goeie Hoop gevaar het, was sjeg Joessoef 'n magtige leier van sy mense in die ryk speserylande van die Verre Ooste. In 'n oorlog teen die Nederlanders is die Sjeg gevange geneem en uiteindelik na die Kaap verban, omdat hulle bang was dat sy mense weer in opstand sou kom as hy in sy vaderland bly. Aan die Kaap het hy gewoon en gewerk en die Mohammedaanse geloof verkondig tot aan sy dood 'n paar jaar later 'n merkwaardige man, 'n groot prins en godsdienstige leier wat met goewerneur Willem Adriaan van der Stel self bevriend was. Maar ná sy dood het sy kramat of graf naby Faure vergete en verwaarloos geraak. Hoe dit volgens oorlewering weer ontdek is, word in ons verhaal vertel.
Lank, lank gelede was daar 'n skaapwagtertjie. Sy naam was Agmat. Op 'n dag stoot klein Agmat sy trop tussen die duine in. Maar die son is warm en sy skape wei goed, en Agmat raak aan die slaap. Toe hy wakker skrik, trek die son al water, en die skape is weg. Agmat soek en soek: hier teen 'n duin op, daar in 'n leegte. Maar skape is daar nie te sien nie.
Nou is Agmat in die benoudheid. Huis toe kan hy nie gaan nie, want dan sal hy 'n afgedankste loesing kry. Hier wil hy nie bly nie, want die donker het baie tande. Agmat soek tot hy self verdwaal het, en toe kan dit nie anders nie. Hy grawe 'n lêplek teen 'n sandwal en maak sy lyfie skraal.
Agmat luister na die diere van die nag, en hy bewe. Hy dink aan wat die oggend vir hom wag, en hy bewe. Maar 'n groot vaak oorkom hom en hy sluimer weer in, en terwyl hy slaap, droom hy. In sy droom sien hy 'n man met 'n lang groen kleed voor hom staan. Agmat buig laag na die aarde toe, want hy weet sommer dat dit 'n heilige man is. Maar toe hy opkyk, is die man met die groen klere weg.
Agmat slaap weer, maar die man van sy drome kom terug. “Agmat," sê hy. Agmat buig diep. "Agmat," sê hy weer.
Agmat buig en buig.
"Agmat!" sê hy vir die derde keer.
Toe kry Agmat eers sy tong. "Ek hoor u," sê hy.
“Ken jy my?” vra die man.
"Nee, ek ken u nie," sê Agmat.
"Ons het op 'n skip van 'n ver land af gevaar," vertel die man. “Toe word die mense baie dors, maar daar was geen water nie. En ek het my voet in die see gesteek, en die sout water het soet geword sodat hulle kon drink."
"Nou weet ek!'' roep Agmat uit. "Dis sjeg Joessoef!"
Toe slaap hy dieper, en die man verdwyn, maar hy kom vir 'n derde keer.
"Agmat," sê hy, "jy ken my nou, en ek ken jou. Ek weet wat jou moeilikheid is, maar jy hoef nie te vrees nie. Jou skape is veilig. Gaan môreoggend na die derde duin van hier af aan die oostekant, en jy sal hulle kry. Maar daar sal meer as die skape wees, en jy moet die mense daarvan gaan vertel." En die man met die lang groen kleed stap uit Agmat se drome, en hy verskyn nie weer nie.
Die volgende oggend toe die son hom roep, sit Agmat regop. Hy dink aan sy skape, en hy dink aan sy droom. "Die derde duin van hier af na die oostekant toe," sê hy, want hy onthou alles net soos die man met hom gepraat het. En hy begin aanstap.
ja, daar by die derde duin wei al sy skape asof hulle nooit weg was nie. Agmat begin hulle sommer bymekaarmaak, toe hy verder dink: "Maar daar sal meer as die skape wees..." Hy kyk rond hier in die leegte, en daar teen 'n duin. Toe sien hy op 'n knoppie tussen die gras en bossies 'n ou, ou graf. En hy weet dat dit die ding is waarvan die man gepraat het.
Agmat vat die skape huis toe, en die boer is so bly dat hy nie eens met hom raas nie. Toe gaan vertel hy sy mense, en hulle kan hul ore nie glo nie.
“Dit moet die heilige man se graf wees," sê hulle. “Ons sal sorg dat dit nie weer vergete raak nie."
Hulle bou vir hom die mooiste koepel en sprei die fynste borduurwerk uit. En vandag nog kom Maleiers van heinde en ver om by sjeg Joessoef se kramat te bid.

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies
uitgesoek en oorvertel deur
PIETER W. GROBBELAAR

SJEG JOESSOEF
In die ou, ou dae toe Nederland 'n groot handelsland was en sy volgelaaide seilskepe om die Kaap die Goeie Hoop gevaar het, was sjeg Joessoef 'n magtige leier van sy mense in die ryk speserylande van die Verre Ooste. In 'n oorlog teen die Nederlanders is die Sjeg gevange geneem en uiteindelik na die Kaap verban, omdat hulle bang was dat sy mense weer in opstand sou kom as hy in sy vaderland bly. Aan die Kaap het hy gewoon en gewerk en die Mohammedaanse geloof verkondig tot met sy dood 'n paar jaar later 'n merkwaardige man, 'n groot prins en godsdienstige leier wat met goewerneur Willem Adriaan van der Stel self bevriend was. Maar ná sy dood het sy kramat of graf naby Faure vergete en verwaarloos geraak. Hoe dit volgens oorlewering weer ontdek is, word in ons verhaal vertel.
Lank, lank gelede was daar 'n skaapwagtertjie. Sy naam was Agmat. Op 'n dag stoot klein Agmat sy trop tussen die duine in. Maar die son is warm en sy skape wei goed, en Agmat raak aan die slaap. Toe hy wakker skrik, trek die son al water, en die skape is weg. Agmat soek en soek: hier teen 'n duin op, daar in 'n leegte. Maar skape is daar nie te sien nie.
Nou is Agmat in die benoudheid. Huis toe kan hy nie gaan nie, want dan sal hy 'n afgedankste loesing kry. Hier wil hy nie bly nie, want die donker het baie tande. Agmat soek tot hy self verdwaal het, en toe kan dit nie anders nie. Hy grawe 'n lêplek teen 'n sandwal en maak sy lyfie skraal.
Agmat luister na die diere van die nag, en hy bewe. Hy dink aan wat die oggend vir hom wag, en hy bewe. Maar 'n groot vaak oorkom hom en hy sluimer weer in, en terwyl hy slaap, droom hy. In sy droom sien hy 'n man met 'n lang groen kleed voor hom staan. Agmat buig laag na die aarde toe, want hy weet sommer dat dit 'n heilige man is. Maar toe hy opkyk, is die man met die groen klere weg.
Agmat slaap weer, maar die man van sy drome kom terug. “Agmat," sê hy. Agmat buig diep. "Agmat," sê hy weer.
Agmat buig en buig.
"Agmat!" sê hy vir die derde keer.
Toe kry Agmat eers sy tong. "Ek hoor u," sê hy.
“Ken jy my?” vra die man.
"Nee, ek ken u nie," sê Agmat.
"Ons het op 'n skip van 'n ver land af gevaar," vertel die man. “Toe word die mense baie dors, maar daar was geen water nie. En ek het my voet in die see gesteek, en die sout water het soet geword sodat hulle kon drink."
"Nou weet ek!'' roep Agmat uit. "Dis sjeg Joessoef!"
Toe slaap hy dieper, en die man verdwyn, maar hy kom vir 'n derde keer.
"Agmat," sê hy, "jy ken my nou, en ek ken jou. Ek weet wat jou moeilikheid is, maar jy hoef nie te vrees nie. Jou skape is veilig. Gaan môreoggend na die derde duin van hier af aan die oostekant, en jy sal hulle kry. Maar daar sal meer as die skape wees, en jy moet die mense daarvan gaan vertel." En die man met die lang groen kleed stap uit Agmat se drome, en hy verskyn nie weer nie.
Die volgende oggend toe die son hom roep, sit Agmat regop. Hy dink aan sy skape, en hy dink aan sy droom. "Die derde duin van hier af na die oostekant toe," sê hy, want hy onthou alles net soos die man met hom gepraat het. En hy begin aanstap.
ja, daar by die derde duin wei al sy skape asof hulle nooit weg was nie. Agmat begin hulle sommer bymekaarmaak, toe hy verder dink: "Maar daar sal meer as die skape wees..." Hy kyk rond hier in die leegte, en daar teen 'n duin. Toe sien hy op 'n knoppie tussen die gras en bossies 'n ou, ou graf. En hy weet dat dit die ding is waarvan die man gepraat het.
Agmat vat die skape huis toe, en die boer is ...